Laerskool Fontainebleau is 'n gemeenskapskool, gebou deur die gemeenskap vir die gemeenskap. 'n Afrikaanse skool met 'n ryk en kleurvolle geskiedenis wat in 1906 sy ontstaan gehad het. 'n Plek vir families wie tot en met die vierde en vyfde generasie in dieselfde klaskamers sit, op dieselfde gange stap en voortbou op 'n nalatingskap wat hul vir hul kinders en kleinkinders agterlaat. Die Fontie-skoolgemeenskap is groot genoeg om 'n persoonlike aanslag te behou, personeel, kinders en ouers ken mekaar almal. Die verhoudings wat hier gebou word hou 'n leeftyd. Soos dit nog altyd hier by ons lui "Een keer 'n Fontie, altyd 'n Fontie. " Laerskool Fontainebleau streef na uitnemendheid op akademiese gebied, waar ons Fonties hulself jaar na jaar in die top persentiel van akademiese prestasie by verskeie hoërskole reg oor die land bevind. Duidelik bereik deur hul werksetiek en deursettingsvermoë. Die kweek van 'n liefde vir leer en ontdek is die hart van ons akademiese program. Leerders word