Shop 29, Moreletapark, Square, 769 Rubenstein Drive, Moreletapark, Pretoria, South Africa
Hennie's is vernoem na die stigter, Rikus (oftewel Jonathan van RadioRaps) se bullterrier, Hennie. Rikus het sy inspirasie gekry in Amerika en het sodoende Hennie's se vibe en look ontwerp...American Sports Bar but with a real South African flavour. Die vibe word rerig geskep deur die massiewe hoeveelheid TV's - BAIE, BAIE TV's - wat elkeen sy eie decoder het sodat jy JOU sport kan kyk, mek nie sek wer jy sit nie! By Hennie's is jy verseker van die beste tjoppie en 'n koue doppie wat jy kan geniet sem metou en nuwe vriende - Suid-Afrikaners wat die liefde vir sport, goeie kos en musiek met jou kan deel! Hennie's is ook kinder vriendelik, so bring die familie sem!